Hoërskool Strand ’n skool vir die gemeenskap moet wees waar almal wat hier tuis hoort, hulle unieke menswees kan uitleef in ’n omgewing van uitnemendheid.
Die drie kerngedagtes is: “vir die gemeenskap,” “unieke menswees” en “omgewing van uitnemendheid.”
In die volgende drie jaar gaan ons daarop fokus om aan die gemeenskap te wys watter waarde ons skool aan leerders bied, ons self reg te posisioneer vir die toekoms en die waarde-aanbieding by die skool verder uit te brei en dan in die derde jaar die skool op ’n trajek van verdere groei en ontwikkeling te plaas.
Hoërskool Strand is 'n waardegedrewe skool. Dit beteken dat waardes die kompas is wat ons personeel en leerders se optrede rig en bepaal. Wanneer waardes die basis vorm van ons daaglikse optrede is reëls nie nodig nie. Die skoolgemeenskap het die volgende VYF KERNWAARDES geïdentifiseer:
RESPEK
INTEGRITEIT
HARDWERKENDHEID
VERANTWOORDBAARHEID
DIENSBAARHEID
Om die waarde van respek meer prakties te maak fokus ons op VYF ONONDERHANDELBARE MANIERE in ons skool:
Ek groet ander mense
Ek sê dankie en asseblief
Ek luister as ander mense praat
Ek praat op 'n beskaafde manier met ander mense
Ek strooi nie rommel nie