Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Chris Langeveldt presteer in Wiskunde

Chris Langeveldt (gr. 10) het tydens die UCT Wiskundekompetisie ‘n 15de plek in gr. 10 uit ongeveer 600 deelnemers behaal. Daarna word hy genooi om aan die uitnodigingsolimpiade van UCT deel te neem, waar hy deurgedring het na die tweede rondte. Hy het ook 90% in die eerste rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade (SAMO)  behaal en deurgedring na rondte twee.

Op grond van sy prestasies by UCT en die tweede rondte van SAMO (voorheen Harmony) is hy gekies vir die Boland Wiskunde-span. Hy het op 9 September vir die Senior Boland A-span aan die SAMTC (Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie) deelgeneem. Dit is beslis ‘n puik prestasie om reeds in gr. 10 deel van die A-span te kan wees.

Baie geluk, Chris! Ons is trots op jou.

Ons Arenderaad vir die 2017/2018 termyn

Baie geluk aan elke leerder wat tot ons Arenderaad verkies is. Mag dit 'n opwindende tyd vir jul wees en voorspoed met die termyn. Geluk ook aan elke ouerhuis. Ons is voorwaar trots op u kind.
 
 

Arende maak skoonskip teen HHH tydens Interskole 2017

Kliek HIER vir volledige verslag.

Skaaknuus

Michelle Olivier (graad 10) het as lid van die WP-dogters o.18-span ʼn goue medalje by die Nasionale toernooi in Durban verwerf. Michelle het ook ʼn goue medalje verwerf vir die beste individuele gradering in haar afdeling.
 

Bladsy 7 van 7

Kontak ons

Tel: 021 853 1056
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm

 

Aantal Besoekers

168270
Vandag33
Gister92
Afgelope week857
Afgelope maand3132
Sedert 2013168270