Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Oud Leerder Presteer

Deon Germishuys, oudleerder van HS Strand, het die naweek van 3 Maart 2018 die Amateur Gholf Kampioenskap van SA gewen.  Wat 'n wonderlike prestasie. 

Hy speel vanaf 7-9 Maart in Marokko vir die SA Junior Span wat aan die All Africa Junior Gholf Kampioenskap deelneem. As hul hier wen, gaan hul meeding in Japan aan die Junior Wêreld Kampioenskap.

 

Mnr en Mej HS Strand 2018

“A night at the Oscars” het op Vrydag 9 Februarie vir groot pret en baie opwinding gesorg.

Die beoordelaars het voorwaar ‘n moeilike taak gehad om nege wenners uit 34 finaliste aan te wys. Die aand is geopen deur temadrag van die seniors wat enige fliek of karakter uit ‘n fliek voorgestel het. Die seniors en juniors het afsonderlik die gehoor met danspassies in sportdrag vermaak. Aantreklike jongmanne is na Hollywood ingevoer om metgeselle vir die juniormeisies in dagdrag te wees. Aanddrag en Cocktailrokkies is met keur gekies en pragtige meisies en aantreklike seuns het die finale rondte behoorlik die gehoor op die punt van hulle stoele gehad.

Baie geluk aan die volgende senior wenners:

  • Mnr. en Mej. Hoërskool Strand: Paul Verdoes en Zané Cronjé
  • Tweede plekke is toegeken: Pieter Welgemoed en Nikita Hammers
  • Derde plekke is toegeken: Gunter Mohr en Anja Linde
  • Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Helgardt de Vries en Tania Niemann
  • Mnr. en Mej. Fotogenies: Zanten Nolan en Chanté van Pletzen

Baie geluk aan die volgende junior wenners:

  • Eerste plek: Ané Braasch
  • Tweede plek: Taylin Bosman
  • Derde plek: Karla Pienaar

Kliek HIER vir meer foto's

Atletiek Medaljewenners

Kliek HIER vir volledige berigte

 

WP Rolbal Prestasies

Die volgende spelers het WP-Rolbalspan gehaal wat vanaf 3 - 6 April in Bloemfontein aan die SA's gaan deelneem. O/15: Mckenzie Knipe en Shannon Phillips, O/20 Juan Joubert.

 

Die volgende spelers is uitgenooi na die WP-Masters toernooi wat 24 en 25 Maart plaasvind. Juan Joubert, Michael Ferreira en Jason Fouche

Baie geluk aan hierdie spelers. Die Arende-familie is voorwaar trots op julle.

 

België Uitruilskema

DIE BELGE IS OP PAD! 

Agter: Dominique Cauwelier, Lander van den Berghe, Ferike Thevelein, Bente Bossu, Marieke Degryse, Margo Vens, Stan Priem en Kristof Deprez.
Middel: Mayté Segers, Helena Denoo, Bieke Desnoeck, Josephine van de Haeghe, Margaux Beernaert en Justine Baele.
Voor: Yoshi Notable, Ann-Sophie van Belle en Faith van Belleghem.

 
Vanaf 7 Februarie is dit ons vriende van België se beurt om vir ons te kom kuier. Ons Arendfamilie het ʼn volgepakte program met hope avontuur en reisgeleenthede vir ons vriende beplan en sien daarna uit dat hulle ons pragtige land kom besoek.
 
Tydens die eerste week van hul besoek gaan hulle besienswaardighede soos die ‘’Cheetah outreach’’, Robbeneiland, die Waterkant en Root 44 besoek asook ook ʼn surf-les by die “Son Surf school’’ kry.
 
Op Maandag, 12 Februarie, vertrek ons met die groep na Knysna en vandaar na die Addo-olifant Nasionale park via Oudtshoorn en dan terug huis toe. Ons gaan ook die bekende Knysna Heads, die Knysna olifante, die wêreld se hoogste reksprong (bungy jump), die Kango-grotte, Oudtshoorn se krokodil- en volstruisplaas asook die pragtige Swartbergpas besoek. Ons gaan ook in tente by Bevelac, met al sy watervalle en staproetes, kamp. Gedurende die laaste week gaan ons besienswaardighede in en om Kaapstad besoek, onder andere Simonstad en die ‘’Boulders’’, Kaappunt, Houtbaai, Kampsbaai, piekniek teen Tafelberg, Elgin Ziplines, die Bettiesbaai-sandduine asook die Chris Barnard hartmuseum. Bogenoemde is maar net ʼn paar van die avonture wat op ons kuiergaste wag. Daar is nog vele meer verrassings wat om elke hoek en draai op hulle wag.
 
Me. Lynette Wolff praat altyd van ‘’payback’’, wat eintlik beteken dat ons op ons manier vir die Belge wil dankie sê vir die geleentheid wat hulle ons gegee het om hul pragtige land verlede jaar te verken.
 
“Ons ontmoet as vreemdelinge en gaan as vriende uitmekaar.”
 

Kontak ons

Tel: 021 853 1056
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm

 

Aantal Besoekers

171692
Vandag36
Gister79
Afgelope week729
Afgelope maand2508
Sedert 2013171692