Surf: Henco Scholtz verwerf SA-Kleure
Baie geluk aan Henco met hierdie merkwaardige prestasie. Henco het sy SA-kleure baadjie by ‘n toekennings geleentheid op 6 Oktober in Woodstock ontvang. Hy vertrek op 17 November vir deelname aan 2018 “ISA World Standup Paddle Board Championship” in Riye Bay, China.
Die kompetisie strek tot 4 Desember.
Baie sterkte met hierdie groot kompetisie, Henco – ons hou jou met Arendsoë dop.
Die Arende-familie is voorwaar trots op jou.