Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Toelatings

Opedag 2022 Inligting

KLIEK HIER

 

WKOD Aanlynaansoek: Dit is verpligtend om op die WKOD se aanlynstelsel te registreer en aansoek te doen by die volgende skakel: http://admissions.westerncape.gov.za/
Die WKOD aanlynaansoeke open Maandag 14 Maart 2022 en sluit Vrydag 15 April 2022.
Hoërskool Strand Aansoekvorm: Aansoekvorms kan nie by die skool ingehandig word alvorens u nie op die WKOD-aanlynsisteem aansoek gedoen het nie. Handig die aansoekvorm, bygaande dokumentasie en bewys van aanlynaansoek by die skool in.

HIERDIE DOKUMENTE MOET BY DIE SKOOL INGEHANDIG OF PER E-POS AAN DIE SKOOL GESTUUR WORD:
• Volledig ingevulde Hoërskool Strand aansoekvorm.
• Bewys van WKOD aanlynregistrasie.
• Gesertifiseerde afskrif van geboortesertifikaat van die leerder.
• Gesertifiseerde afskrif van kliniekkaart of immuniseringsbewys (indien verlore, moet ‘n beëdigde verklaring ingedien word).
• Gesertifiseerde afskrif van nuutste rapport van leerder.
• Gesertifiseerde afskrif van ID-dokument van beide ouers/voog (indien slegs een ouer of voog betrokke is, moet ‘n beëdigde verklaring of afskrif van die doodsertifikaat ingedien word).
• Vakkeusevorm.
• Kontrak ten opsigte van skoolgeld.
• Vertroulike verslag (word deur die huidige skool ingevul – dit is die ouer(s) se verantwoordelikheid om die vorm by die huidige skool in te dien).
• Mediesefondsbewys (indien van toepassing).
• Bewys van adres.
• Ondertekende POPI-vorms.

 

LET WEL:
• ‘n Onvolledige aansoek kan ongelukkig nie vir toelating oorweeg word nie.
• Die keuringskomitee se besluit is finaal.
• Om teleustelling te voorkom, moet u by meer as een skool aansoek doen soos deur die WKOD aanbeveel word.
• Dit is die ouer/voog se verantwoordelikheid om met u kind se huidige skoolhoof op te volg dat die vertroulike verslag aan ons teruggestuur word.

 

Aansoekvorms en Inligting :

 

Onder Konstruksie

Hierdie blad is tans onder konstruksie en sekere opdaterings mag beïnvloed word.

 

Kontak ons

Tel: 021 853 1056


Algemene Navrae

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 


Toelatings

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skakels

AWSUM

HS Strand verskyn in die AWSUM-koerant wat in die Helderberg versprei word by alle Hoërskole en Laerskole wat daarin verskyn.

Arendenuus Nuusbrief

Hoërskool Strand se maandelikse nuusbrief.

Suidooster Skoolkoerant

Kwartaallikse aanlyn skoolkoerant

MySchool Aansoekvorm