Ontstaan
Ons skool is eers by Millsstraat 96 gehuisves totdat die huidige skoolgebou voltooi is. Die opening het op 22 Januarie 1962 plaasgevind met 97 st. 6-leerders onder die naam Hoërskool Valsbaai.
Op 23 Julie 1963 is die skool amptelik in die nuwe gebou onder die naam Hoërskool Strand geopen.
Die eerste skoolhoof was mnr. MJ Odendaal.
Skoolwapen
Die skoolwapen is deur dr. C Pama, erkende heraldikus, ontwerp en op 23 November 1963 in ontvangs geneem.
Die heraldiek daarvan is soos volg:
Die Arend is ’n simbool van krag, die blou en silwer strepe verteenwoordig die see en die kasteel is afkomstig van die familiewapen van die Van der Stel-familie.
Die leuse is: Volhard en Oorwin.
Skoollied
Die skoollied is deur mnr. SJ du Toit (Vaatjie) geskryf en getoonset en is op 29 November 1963 tydens die prysuitdeling vir die eerste keer by ’n skoolfunksie gesing.
Waar Valsbaai krom langs sonnig strand
En golwe skuimend speel
Daar pryk beroemd deur heel ons land
Ons dorp se Hoërskool.
Daar leer ons hoe ons lewe
Aan plig en diens te wy.
Eerbiedig en opreg te wees
Die kwade te bestry.
Regverdig, eerlik, ruim van gees
Getrou aan land en volk te wees.
Ons taal te handhaaf skoon te hou
Met vreugd’ en liefde voort te bou
VOLHARD EN OORWIN
Roem ons skool sy naam
Wyd deur Suid-Afrika sy faam.
Skoolvlag
Dr. C Pama, het ook die skoolvlag ontwerp en dit is in Skotland vervaardig en op 21 Junie 1966 in ontvangs geneem.