![]() |
![]() |
Hoërskool Strand het op 1 April vir Mnr Marais Pelser as ons nuwe Adjunkhoof vir Sport, Geboue en Terrein verwelkom. Op 1 Mei sluit sy vrou, me. Lucette Pelser, as Engels Eerste Addisionele Taal-onderwyseres by ons aan, en hul kinders, Dante (gr. 7) en Juliette (gr. 4), sluit by Laerskool Lochnerhof aan.
Mnr. Pelser het sy onderwysloopbaan in 1998 by Hoërskool President begin en in 2002 verhuis na Mosselbaai. By Hoërskool Punt in Mosselbaai het hy gevorder tot Departementshoof in beheer van IGO, Sport, en Geboue-en-Terrein. Hier het hy passievol IGO, Tegnologie en ook Siviele Tegnologie aangebied. Hy dien ook die laaste aantal jare op die Departement van Onderwys se skolespan vir Kurrikulumontwikkeling vir Siviele Tegnologie.
Op sportgebied rig hy vir 15 jaar Hoërskool Punt se Eerste Rugbyspan af. Hy was die afrigter van die SWD-Akademie asook die SWD-Sewesspan in 2018. Hy dien op die SWD-Skolerugbybestuur, en tree die laaste sewe jaar as SWD Rugbykeurder op. Me. Pelser het grootgeword in die Boland en gematrikuleer aan die Hoërskool Hugenote. Sy het Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en later onderwys deur UNISA studeer. Sy het die laaste 20 jaar skoolgegee by onderskeidelik Hillcrest Secondary, PW Botha College, Cape St. Blaize Independent School, Curro en Hoërskool Punt, almal in Mosselbaai. Sy is passievol oor haar familie en vriende, en swem, duik en ry graag branderplank in die see. Jy kan haar omkoop met 'n lekker koffie en goeie leesboek.